1 Kronieke 26:4-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die oudste seun van Obed-Edom was Semaja, die tweede Josabad, die derde Joag, die vierde Sakar, die vyfde Netanel,

5. die sesde Ammiël, die sewende Issaskar, die agste Peülletai. God het vir Obed-Edom besonderlik geseën.

6. Sy seun Semaja het vader geword van seuns wat gesagsposisies in hulle familie beklee het, want hulle was bekwame mense.

7. Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed, Elsabad, en sy broers was Elihu en Semakja, knap mense.

8. Hulle was almal uit die nageslag van Obed-Edom. Hulle sowel as hulle seuns en broers was bekwame manne, flink in die diens. Obed-Edom se groep was twee en sestig.

9. Van Meselemja was daar agtien bekwame seuns en broers.

10. Die seuns van Gosa, van die Merarigroep, het Simri as hoof gehad. Hy was nie die oudste nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

11. Die tweede was Gilkija, die derde Tebalja, die vierde Sagaria. Gosa het dertien seuns en broers gehad.

12. Hierdie afdelings poortwagte, ingedeel volgens die manlike familiehoofde, het diens gedoen saam met hulle ampsgenote wat vir die huis van die Here moes sorg.

13. Oud en jonk het op gelyke voet aan die loting vir elke poort deelgeneem volgens hulle families.

14. Die lot vir die oospoort het op Meselemja geval. Toe hulle vir sy seun Sagaria, die verstandige raadgewer, die lot werp, is hy vir die noordpoort geloot.

15. Die suidpoort is toegewys aan Obed-Edom, en die voorraadgebou aan sy seuns.

16. Suppim en Gosa het die wespoort gekry, asook die Salleketpoort by die pad na die noorde toe. Die een wagbeurt het op die ander gevolg.

17. By die oospoort was ses Leviete, by die noordpoort elke dag vier, by die suidpoort elke dag vier en by die voorrade elke keer twee.

1 Kronieke 26