1 Kronieke 27:1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hier volg 'n opgawe van die Israelitiese familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die toesighoudende amptenare wat in diens van die koning gestaan het met betrekking tot alles rakende die afdelings wat deur die jaar elke maand omgeruil het. Elke afdeling het uit vier en twintig duisend man bestaan.

1 Kronieke 27

1 Kronieke 27:1-10