1 Kronieke 16:30-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.Die wêreld staan vas, dit wankel nie.

31. Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig,hulle moet onder die nasies verkondig: “Die Here regeer.”

32. Die see en alles daarin moet druis,die veld en alles daarop moet jubel,

33. die bome in die bos moet hulle verheugvoor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers.

34. Loof die Here, want Hy is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie!

35. Julle moet sê: “Red ons, o God, ons Verlosser,maak ons bymekaar, red ons van die nasies,dat ons u heilige Naam kan loofen ons in u lof kan verheug.”

36. Aan die Here die God van Israel kom die lof toevan ewigheid tot ewigheid!Toe het die hele volk gesê: “Amen! Prys die Here!”

37. Dawid het vir Asaf en sy ampsgenote daar voor die verbondsark van die Here laat bly om voltyds voor die ark diens te doen soos dit van dag tot dag nodig sou wees;

38. so ook vir Obed-Edom met sy ag en sestig ampsgenote. Obed-Edom seun van Jedutun en Gosa was poortwagte.

39. Dawid het die priester Sadok met sy ampsgenote die priesters voor die tabernakel van die Here op die hoogte in Gibeon laat bly

40. om gereeld soggens en saans vir die Here brandoffers te bring op die brandofferaltaar, soos dit voorgeskryf is in die wet van die Here wat Hy Israel beveel het.

41. Saam met hulle het hy Heman en Jedutun en die ander manne wat gekeur en by name aangewys is, daar laat bly om die Here te loof: “Want aan sy liefde is daar geen einde nie.”

42. Heman en Jedutun was in beheer van die trompette en simbale en die ander instrumente om die lied ter ere van God te begelei. Die volgelinge van Jedutun was by die poort.

43. Hierna is almal huis toe, en Dawid het teruggegaan om sy gesin te seën.

1 Kronieke 16