1 Konings 12:13-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. het hy die volk dié harde antwoord gegee. Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan

14. en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne:“My pa het 'n swaar juk op julle gelê,ek gaan die juk nog swaarder maak;my pa het julle met swepe geslaan,ek sal julle met gesels slaan.”

15. Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.

16. Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê:“Dawid is nie deel van ons nie;ons het niks aan Isai se seun nie!Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel!Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!”Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.

17. Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.

18. Koning Rehabeam het vir Adoniram wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.

19. So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.

20. Toe die Israeliete verneem dat Jerobeam teruggekom het uit Egipte, het hulle hom na 'n volksvergadering toe laat kom en hom koning gemaak oor die hele Israel. Niemand behalwe die Judastam het die koningshuis van Dawid aangehang nie.

21. Dadelik nadat Rehabeam in Jerusalem terug was, het hy honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel te veg en die koningskap vir hom terug te wen.

22. Maar die woord van God het tot Semaja, die man van God, gekom en gesê:

23. “Sê vir koning Rehabeam van Juda, seun van Salomo, en vir die hele Juda en Benjamin, en vir die res van die volk:

24. So sê die Here: Moenie optrek en teen die Israeliete, julle broers, veg nie. Gaan terug elkeen na sy huis toe, want wat gebeur het, kom van My af!”Hulle het geluister na die woorde van die Here en teruggegaan huis toe soos Hy beveel het.

25. Jerobeam het Sigem in die Efraimsberge herbou en daar gaan woon. Later het hy daar weggetrek en Pniël herbou.

26. Jerobeam het by homself gedink: netnou gaan die koningskap terug na die huis van Dawid;

1 Konings 12