Rigters 3:28-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.

29. En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.

30. So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.

31. Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met ’n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.

Rigters 3