Rigters 10:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.

15. Toe sê die kinders van Israel aan die Here: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.

16. En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die Here gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.

17. En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.

18. Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

Rigters 10