19. En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
20. Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;
21. maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
22. Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
23. Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
24. Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.
25. En hy antwoord en sê: Of Hy ’n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.