Johannes 19:38-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. EN ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat ’n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.

39. En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ’n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.

40. En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.

41. En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, ’n tuin, en in die tuin ’n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.

Johannes 19