Jesaja 61:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Maar júlle sal priesters van die Here genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.

7. In plaas van julle skande ontvang julle ’n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ’n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.

8. Want Ek, die Here, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ’n ewige verbond met hulle sluit.

9. En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle ’n geslag is wat die Here geseën het.

Jesaja 61