Jesaja 50:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. DIE Here Here het My ’n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.

5. Die Here Here het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.

6. Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.

7. Maar die Here Here help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ’n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

8. Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My ’n regsaak begin? — laat ons saam optree! Wie is my teëparty? — laat hom nader kom na My toe!

9. Kyk, die Here Here help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos ’n kleed; die mot sal hulle eet.

Jesaja 50