4. En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer.
5. En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refáim.
6. Maar ’n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die Here, die God van Israel.
7. In dié dag sal die mens kyk na sy Maker, en sy oë sal sien op die Heilige van Israel;
8. en hy sal nie kyk na die altare nie, die werk van sy hande; en wat sy vingers gemaak het, sal hy nie aansien nie: die heilige boomstamme en die sonpilare.