Jesaja 13:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK oor Babel wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.

2. Hef op ’n banier op ’n kaal berg; roep hulle hardop toe, wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.

3. Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.

4. Hoor, ’n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ’n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die Here van die leërskare hou wapenskouing oor ’n oorlogsleër.

5. Hulle kom uit ’n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.

6. Huil julle, want die dag van die Here is naby; hy kom as ’n verwoesting van die Almagtige.

Jesaja 13