11. En toe die leër van die Chaldeërs van Jerusalem af opgetrek het vanweë die leër van Farao,
12. wou Jeremia Jerusalem verlaat om in die land Benjamin te gaan, om daar te midde van die volk ’n erfdeel in ontvangs te neem.
13. Toe hy in die Benjaminspoort kom, was daar ’n voorman van die wag met die naam Jiría, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde: Jy wil na die Chaldeërs oorloop!
14. Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en Jiría het Jeremia gevang en hom by die vorste gebring.