7. Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.
8. Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soos iets wat waardeloos is.
9. Want húlle het opgetrek na Assur — ’n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! — hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.
10. Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.
11. Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig — die altare het vir hom tot sonde geword.
12. Ek het hom tienduisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag.
13. Slagoffers, My aangebied, offer hulle — vleis is dit, en hulle eet; die Here het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.
14. Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda ’n menigte versterkte stede, daarom sal Ek ’n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.