3. Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die Here nie gevrees nie; en die koning — wat sou hy vir ons kan doen?
4. Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit — en soos ’n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.
5. Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.
6. Hy sal ook self na Assur weggevoer word as ’n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.
7. Samaría word vernietig, sy koning is soos ’n spaander op die water.