Hooglied 6:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies.

4. Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.

5. Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos ’n kudde bokke wat van Gílead afgolf.

6. U tande is soos ’n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

7. U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen.

8. Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.

9. Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:

10. Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?

Hooglied 6