2. En laat Moses alleen nader kom na die Here toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
3. Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die Here en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen.
4. En Moses het al die woorde van die Here opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ’n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
5. En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die Here geslag.
6. En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.