22. En die hand van die Here was op my in die aand, voordat die vlugteling gekom het; en Hy het my mond geopen teen die tyd dat hy in die môre na my gekom het. So is dan my mond geopen, en ek was nie meer stom nie.
23. Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
24. Mensekind, die bewoners van daardie puinhope in die land van Israel spreek en sê: Abraham was ’n eenling, en tog het hy die land as besitting ontvang; maar ons is baie; aan ons is die land as besitting gegee!
25. Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed — en sal julle die land as besitting ontvang?