Deuteronómium 26:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as jy in die land kom wat die Here jou God jou as erfenis sal gee en jy dit in besit neem en daarin woon,

2. dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat die Here jou God jou sal gee, en dit in ’n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon,

3. en na die priester kom wat daar in dié dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan die Here u God dat ek in die land gekom het wat die Here aan ons vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee.

4. En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van die Here jou God neersit.

Deuteronómium 26