29. Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
30. En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig ’n talent goud was, met ’n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en ’n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
31. En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.