2 Kronieke 31:6-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die Here hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.

7. In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.

8. Toe Jehiskía en die owerstes kom en die hope sien, het hulle die Here en sy volk Israel geseën.

9. En toe Jehiskía by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope,

10. het die hoëpriester Asárja, van die huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van die Here begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want die Here het sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.

11. Toe gee Jehiskía bevel om kamers in die huis van die Here in te rig; en hulle het dit ingerig

12. en die offergawes en die tiendes en die heilige gawes getrou ingebring; en daaroor was Konánja, die Leviet, as hoof aangestel, en sy broer Símeï as tweede.

13. En Jéhiël en Asásja en Nahat en Ásahel en Jérimot en Jósabad en Éliël en Jismágja en Mahat en Benája was opsigters, onder toesig van Konánja en sy broer Símeï, volgens die bevel van koning Jehiskía en Asárja, die vors oor die huis van God.

14. En Korē, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige gawes aan God, om die offergawe aan die Here en die hoogheilige gawes uit te deel.

15. En onder sy leiding was Eden en Mínjamin en Jésua en Semája, Amárja en Segánja, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;

16. behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die huis van die Here gekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings.

2 Kronieke 31