1. JOTAM was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.
2. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die Here ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.
3. Hy het die Boonste Poort van die huis van die Here gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.
4. Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.