1 Samuel 26:11-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Mag die Here my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die Here sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.

12. Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat ’n diepe slaap van die Here op hulle geval het.

13. En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staan — die ruimte tussen hulle was groot —

14. en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?

15. En Dawid vra vir Abner: Jy is tog ’n man, en wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie by jou heer die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou heer, om te bring.

1 Samuel 26