1 Samuel 10:11-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?

12. En ’n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit ’n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?

13. Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom.

14. En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na Samuel gegaan.

15. En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat Samuel julle meegedeel het.

16. Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.

17. En Samuel het die volk na die Here in Mispa byeengeroep

18. en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.

19. Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet ’n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die Here volgens julle stamme en volgens julle geslagte.

1 Samuel 10