21. Sagaría, die seun van Meselémja, was poortwagter by die ingang van die tent van samekoms.
22. Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was tweehonderd-en-twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig.
23. En hulle met hul seuns was aangestel oor die poorte van die huis van die Here, van die tenthuis, om wag te hou.
24. Die poortwagters moes aan die vier windstreke wees, na die ooste, weste, noorde en suide toe.
25. En hulle broers, in hulle dorpe, moes van tyd tot tyd vir sewe dae saam met hulle inkom.
26. Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die huis van God.
27. En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.
28. En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring.
29. En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye.
30. En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.
31. En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.
32. En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.
33. En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.
34. Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.