Spreuke 3:22-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring.

23. Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie.

24. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap.

25. Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie.

26. Die Here is jou beskermer. Hy sal sorg dat jy nie in ’n strik trap nie.

27. Moenie wag omgoed te doen vir iemand wat dit nodig het nie,veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen.

28. Moenie vir jou buurman sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,” terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie.

29. Moenie ’n plan beraamteen iemand wat vol vertroue by jou woon nie.

30. Moenie sommer rusie soek met iemand wat jou nie kwaad aangedoen het nie.

31. Moenie jaloers wees op iemand wat geweld gebruik nie. Moenie ook maak soos hy nie.

32. Die Here het ’n afkeer aan skelms, maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue.

33. Die vloek van die Hererus op die huis van die goddelose,maar hulle wat opreg lewe,seën Hy.

34. Hy dryf die spot met mense wat ander spot. Hy is goed vir hulle wat nederig is.

Spreuke 3