15. ’n Pak slae en ’n teregwysing bring wysheid. ’n Kind wat aan homself oorgelaat is, steek sy ma in die skande.
16. As goddeloses vermeerder, word oortredings ook meer. Die regverdiges sien die ondergang van goddeloses.
17. Leer jou seun wat dissipline is en jy sal gerus wees oor hom. Hy sal jou vreugde verskaf.
18. Wanneer ’n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie,verloor hulle koers. As hulle leef volgens sy wet is hulle gelukkig.
19. Jy kan nie ’n slaaf net met woorde op die regte pad hou nie. Hy sal verstaan wat jy sê, maar tog nie na jou luister nie.
20. Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praatsonder om eers te dink.
21. ’n Slaaf wat van kleins af bederf is, is opstandig wanneer hy groot is.
22. ’n Mens wat gou kwaad word, veroorsaak rusies. ’n Humeurige mens veroorsaak sonde.
23. ’n Mens se hoogmoedigheid lei na vernedering. Iemand wat nederig is, ontvang uiteindelik eer.
24. Iemand wat deel in wat ’n dief steel, gee nie om vir sy lewe nie. Hy word opgeroepom ’n getuie te wees, maar hy durf nie praat nie.
25. Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.
26. Baie mense soek na die guns van die regeerder,maar dis net die Herewat aan ’n mens werklik reg kan laat geskied.
27. Dié wat lewevolgens die wil van die Hereverafsku iemand wat oneerlik is; ’n goddelose mens verafsku hulle wat reg lewe.