Spreuke 28:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Goddeloses vlug weg, al jaag niemand hulle nie. Regverdiges is so dapper soos leeus.

2. As daar opstand is in ’n land wissel die leiers vinnig. As ’n wyse en kundige aan bewind kom, is daar lank vastigheid in die land.

3. ’n Man wat self arm is en ander arm mense uitbuit, is soos stortreën wat alles wegspoel sodat daar niks kos oorbly nie.

4. Mense wat die wet van God verwerp, praat met lof van die goddelose mense. Mense wat die wet onderhou, weerstaan hulle.

5. Mense wat kwaad doen, het geen begrip van die reg nie. Wie vra na die wil van die Hereverstaan dit volkome.

6. Dit is beter om arm te wees en eerbaar te lewe as om oneerlik te lewe en ryk te wees.

7. ’n Verstandige seun gehoorsaam die eise van God. Een wat hom ophou met ligsinnige mensebring sy pa in die skande.

8. Wie ryk word deur onbillike rente en onregverdige winssal dit moet oorgee aan iemand wat hom oor armes ontferm.

9. Elkeen wat hom doof hou vir die eise van God,se gebede sal verwerp word.

10. Wie eerlike mense wegrokkel na die verkeerde pad, sal in sy eie strik trap. Mense wat onberispelik lewe, sal goeie dinge erf.

11. ’n Ryk man dink dalkdat hy boonop wys is, maar ’n arm mens met insig kan dwarsdeur hom kyk.

12. Wanneer regverdiges vreugde beleef, is almal bly daaroor; wanneer goddeloses oorneem, kruip al die mense weg.

Spreuke 28