Spreuke 14:28-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. ’n Koning se aansien groei volgens die getal van sy onderdane; as die bevolking krimp, gaan hy te gronde.

29. ’n Geduldige mens het baie insig. Iemand wat kort van draad is, stal sy dwaasheid uit.

30. Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ’n mens op.

31. Iemand wat ’n arm mens verdruk, beledig die Een wat hom gemaak het. Hy wat hom oor ’n arme ontferm, eer God.

32. Die goddelose kom tot ’n val deur sy eie boosheid. Die regverdige het ’n toevlug wanneer hy doodgaan.

33. Wysheid vloei voort uit ’n verstandige hart,ook as iemand tussen dwase beweeg,kom dit na vore.

Spreuke 14