Spreuke 14:20-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. ’n Arm mens word verstoot,selfs deur sy buurman. ’n Ryk man het baie mooiweersvriende.

21. Dit is sonde om jou buurman te verag. Geseënd is hullewat die behoeftiges help.

22. Iemand wat kwaad wil doen, verloor sy rigting. Iemand wat goeddoen, sal die liefde en lojaliteit van ander geniet.

23. Inspanning bring voorspoed; ’n nuttelose gesit en praat bring gebrek.

24. Wyse mense word met rykdom bekroon. Dwaasheid van dwase mense lei tot nog meer dwaasheid.

25. ’n Eerbare getuie red lewens, ’n vals getuie steek ander in die rug.

26. Hy wat ontsag het vir die Here, geniet sekuriteit; sy kinders vind vastigheid by hom.

27. Ontsag vir die Hereis ’n bron van lewe; dit beskerm jou teen die strikke van die dood.

28. ’n Koning se aansien groei volgens die getal van sy onderdane; as die bevolking krimp, gaan hy te gronde.

29. ’n Geduldige mens het baie insig. Iemand wat kort van draad is, stal sy dwaasheid uit.

30. Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ’n mens op.

31. Iemand wat ’n arm mens verdruk, beledig die Een wat hom gemaak het. Hy wat hom oor ’n arme ontferm, eer God.

32. Die goddelose kom tot ’n val deur sy eie boosheid. Die regverdige het ’n toevlug wanneer hy doodgaan.

33. Wysheid vloei voort uit ’n verstandige hart,ook as iemand tussen dwase beweeg,kom dit na vore.

Spreuke 14