Spreuke 10:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die spreuke van Salomo.’n Kind wat verstandig is, maak sy pa bly. ’n Seun wat dwaas is, maak sy ma hartseer.

2. Goed wat onwettig verkry is, bring geen blywende voordeel nie. Om reg te lewe, red ’n mens van die dood.

3. Die Here laat regverdiges nie honger ly nie. Hy vervul nie die begeerte van die goddelose nie.

4. Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk.

5. Die verstandige mens samel sy oes inin die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.

6. Die regverdige word oorlaai met seëninge. Die slegte bedoelings van goddelosessteek hulle weg agter woorde.

7. Dié wat reg lewe,sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.

Spreuke 10