Rigters 18:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Hulle het in Miga se huis die stem van die Leviet herken. Hulle het hom eenkant toe geroep en vir hom gevra: “Hoe het jy hier uitgekom? Wat maak jy hier? Wat hou jou hier?”

4. Hy vertel hulle toe dat hy ’n ooreenkoms het met Miga: “Hy het my gehuur. Ek is sy priester.”

5. Hulle het toe vir hom gesê: “Vind uit by God of ons reis voorspoedig gaan wees.”

Rigters 18