29. Hulle het die stad herdoop na Dan, hulle stamvader, een van die seuns van Israel. Die plek se naam was egter vroeër Lajis.
30. Die mense van Dan het die afgodsbeeld vir hulle daar opgerig. Jonatan, die seun van Gersom, ’n afstammeling van Moses, en sy nageslag was die priesters vir die stam Dan. Dit het so gebly totdat Dan in ballingskap weggevoer is.
31. So lank as wat God se heiligdom in Silo was, het Dan hulle eie afgodsbeeld aanbid wat Miga gemaak het.