Psalms 69:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. O God, U weethoe dwaas ek is;ek kan my skuldnie vir U wegsteek nie.

7. Moenie dat hulle wat op U vertrou,deur my beskaam word nie,oppermagtige Here, die Almagtige.Moenie dat hulle wat U diendeur my verneder word nie,o God van Israel.

8. Om u ontwilmoet ek veragting verduur,is ek tot skande gemaak.

9. Vir my broershet ek ’n onbekende geword,’n vreemdelingvir die seuns van my moeder.

10. ’n Ywer vir u huis brand in my,die beledigings teen U gemik,tref ook vir my.

11. Wanneer ek huil terwyl ek vas,moet ek hulle beledigings verduur.

12. Wanneer ek rouklere aantrek,skeer hulle met my die gek.

13. Dié wat sit in die stadspoortskinder van my,en die dronkaardsmaak liedjies oor my.

Psalms 69