13. Een van die ouderlinge reageer toe en vra my: “Hierdie mense wat wit klere aanhet, wie is hulle en waarvandaan kom hulle?”
14. Ek het aan hom gesê: “Meneer, u is die een wat weet.”Daarop sê hy vir my: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hulle klere wit gewas in die bloed van die Lam.
15. Daarom staan hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tentwoning oor hulle span.
16. Hulle sal nie meer honger of dors word nie; die son sal nie op hulle neerskroei nie en ook nie ’n hittegloed nie.
17. Die Lam wat in die middel by die troon staan, sal hulle soos ’n herder lei en hulle na die waterfonteine van die lewe bring; en God sal elke traan van hulle oë afdroog.”