Openbaring 22:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hulle sal Hom vol in die oë kyk, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.

5. Daar sal ook geen behoefte aan die lig van ’n kandelaar of van die son wees nie omdat die Here God vir hulle lig sal gee, en hulle sal vir altyd as konings regeer.

6. Die engel het toe aan my gesê: “Hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar. Die Here God wat sy Gees aan die profete gegee het, het sy engel gestuur om aan sy diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.”

7. Jesus sê toe:“Kyk, Ek kom gou!Geseënd is elkeenwat die profetiese woordein hierdie boekrol gehoorsaam.”

8. Ek, Johannes, het hierdie dinge gehoor en gesien. En toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval voor die voete van die engel wat al hierdie dinge aan my uitgewys het.

9. Maar hy sê aan my: “Oppas, moenie! Ek is maar net ’n mededienskneg van jou en van jou medegelowiges, naamlik die profete, en van dié wat die woorde van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God!”

Openbaring 22