38. 36 000 beeste waarvan 72 die Here s’n was,
39. 30 500 donkies waarvan 61 vir die Here gegaan het,
40. en 16 000 meisies waarvan 32 die Here se deel was.
41. Moses het alles wat hulle vir die Here afgestaan het, vir die priester Eleasar gegee soos die Here vir hom gesê het.
42. Die deel vir die res van die Israeliete wat Moses by die soldate gevat het, was
43. 337 500 skape,
44. 36 000 beeste,
45. 30 500 donkies en
46. 16 000 meisies.
47. Uit die deel wat die mense gekry het, het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat en dit vir die Leviete gegee wat by die tabernakel van die Here gewerk het. Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het.
48. Die aanvoerders van die leër, het toe na Moses gekom.