Numeri 31:32-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Die buit wat die mans wat gaan veg het, gemaak het, was 675 000 skape,

33. 72 000 beeste,

34. 61 000 donkies,

35. en 32 000 meisies wat nog nie ’n man gehad het nie.

36. Die deel van die soldate wat gaan veg het, was 337 500 skape

37. waarvan hulle 675 vir die Here gegee het,

38. 36 000 beeste waarvan 72 die Here s’n was,

39. 30 500 donkies waarvan 61 vir die Here gegaan het,

40. en 16 000 meisies waarvan 32 die Here se deel was.

41. Moses het alles wat hulle vir die Here afgestaan het, vir die priester Eleasar gegee soos die Here vir hom gesê het.

Numeri 31