7. As haar man die dag daarvan hoor en hy het geen beswaar daarteen nie, staan die verpligting wat sy op haar geneem het vas.
8. As haar man dit egter afkeur die dag waarop hy daarvan hoor, maak hy die gelofte of die verpligtings wat sy onnadenkend op haar geneem het, tot niet. Die Here sal haar dit vergeef.
9. “Vir ’n weduwee of ’n vrou wat geskei is, staan alles vas waaraan hulle hulle verbind het.
10. “’n Getroude vrou kan miskien ’n gelofte aflê of onder eed ’n belofte maak.
11. As haar man daarvan hoor en nie ’n stokkie daarvoor steek nie, staan haar geloftes wat sy gemaak het en die beloftes wat sy onderneem het vas.
12. As haar man alles wat sy vrou gesê en beloof het, verwerp wanneer hy daarvan hoor, sal dit alles van nul en gener waarde wees. Die Here sal haar daarvan vrystel.
13. Haar man kan enige gelofte of eed waarmee ’n vrou haarself verbind het, bevestig of tot niet verklaar.
14. As haar man nie beswaar maak die dag waarop hy hoor wat sy op haarself geneem het nie, stem hy daarmee in.
15. As hy eers lank nadat hy van haar geloftes of verpligtings gehoor het, dit tot niet probeer verklaar, moet hy self instaan vir die gevolge daarvan.”
16. Dit is die voorskrifte wat die Here vir Moses gegee het met betrekking tot die verhouding tussen ’n man en sy vrou, en tussen ’n pa en sy dogter wat nog by hom in sy huis is.