Numeri 29:31-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

31. Offer ook nog ’n bokram as sonde-offer naas die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffer.

32. “Op die sewende dag van die fees moet julle sewe gesonde bulle, twee ramme en veertien eenjarige lammers offer.

33. Offer daarmee saam die graanoffers en drankoffers volgens die getalle wat bepaal is.

34. Bring ook nog ’n bokram as sonde-offer bo en behalwe die gereelde brandoffer saam met die graanoffer en die drankoffer.

35. “Op die agtste dag van die fees moet julle almal laat bymekaarkom. Daardie dag is daar geen werk nie.

36. Bring ’n brandoffer wat vir die Here aangenaam is. Dit moet ’n bul, ’n ram en sewe eenjarige lammers wees wat almal sonder liggaamsgebrek is.

37. Bring daarmee saam die graanoffers en drankoffers wat daarvoor bepaal is.

38. Bring ook nog naas die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffer ’n bokram as sonde-offer.

39. “Dit is die brandoffers, die graanoffers, die drankoffers en die maaltydoffers wat julle gedurende julle feeste vir die Here moet bring. Dit is naas julle gelofte-offers en vrywillige offers.”

40. Moses het al hierdie voorskrifte vir die Israeliete gegee, soos die Here hom beveel het.

Numeri 29