Numeri 25:14-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Die Israelitiese man wat saam met die Midianitiese vrou doodgemaak is, se naam was Simri, die seun van Salu. Hy was een van die leiers uit die stam van Simeon.

15. Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, se naam was Kosbi, die dogter van Sur, een van die leiers van die Midianiete.

16. Die Here het toe vir Moses gesê:

17. “Val die Midianiete aan en roei hulle uit

18. oor die optrede van Kosbi, die dogter van die Midianitiese leier. Dis sy wat doodgemaak is toe die plaag oor Peor julle getref het. Die Midianiete het julle mislei en onder valse voorwendsels oorreed om Baäl-Peor te aanbid.”

Numeri 25