1. Die Here het toe vir Moses en Aäron gesê:
2. “Hulle moet elkeen onder die vaandel van hulle stam gaan staan. Hulle moet reg rondom die tabernakel kamp opslaan.
9. Die manskappe aan Juda se kant is dus 186 400. Wanneer die kamp versit, moet hierdie stamme eerste begin beweeg.
10-11. “Ruben, Simeon en Gad moet suid van die tabernakel by hulle vaandels kamp opslaan. Hier is hulle stamme, leiers en getalle: Ruben se leier is Elisur seun van Sedeür met 46 500 manskappe;
12-13. Simeon s’n is Selumiël seun van Suri-Saddai met 59 300 manskappe;
14-15. Gad s’n is Eljasaf seun van Reüel met 45 650 manskappe.
16. Almal aan Ruben se kant is altesaam 151 450. Wanneer Israel verder gaan, moet hulle tweede vertrek.
17. “Die Leviete sal van die middel van die kamp af vertrek. Soos hulle gestaan het, het die stamme in dieselfde volgorde agter hulle vaandels aan getrek.
18-19. “Efraim, Manasse en Benjamin moet by hulle vaandels wes van die tabernakel kamp opslaan. Hier is hulle volgens stamme, leiers en getalle: Efraim se leier is Elisama seun van Ammihud met 40 500 manskappe;
20-21. Manasse s’n is Gamliël seun van Pedasur met 32 200 manskappe;
22-23. Benjamin s’n is Abidan seun van Gidoni met 35 400 manskappe.
24. Die manskappe aan Efraim se kant van die tabernakel is 108 100. Hulle moet altyd derde versit, net na die Leviete.