7. Hy vertel ook dat jy profete aangestel het om in Jerusalem oor jou te profeteer. Hulle sê glo: ‘Daar is nou ’n koning in Juda!’“Die koning sal sonder enige twyfel van hierdie gerugte te hore kom. My voorstel is dat jy liewer kom en die saak met my kom bespreek.”
8. Ek het toe die volgende antwoord vir hom gestuur: “Daar is nie ’n greintjie waarheid in jou storie nie. Dit is goed wat jy self uitgedink het.”
9. Dit was bloot hulle manier om ons te intimideer. Hulle het gedink dit sou ons moedeloos maak en dat die werk tot stilstand sou kom. Ek het vir krag gebid dat die werk kon voortgaan.
10. Semaja seun van Delaja en kleinseun van Mehetabel was in sy huis toegesluit. Ek het hom gaan besoek. Hy het gesê: “Kom ons ontmoet mekaar in die tempel van God en sluit die deure van die tempel. U vyande is op pad om u vannag te kom doodmaak.”
11. Ek het hom geantwoord: “Behoort iemand soos ek vir gevaar weg te vlug? Behoort iemand soos ek in die tempel te skuil om my lewe te red? Nee, ek sal nie ingaan nie!”