Nehemia 3:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Palal seun van Usai het die gedeelte van regoor die hoekgedeelte herstel tot by die toring teen die boonste paleis by die Wagplein. Aan die gedeelte van die muur langs hom het Pedaja seun van Paros gewerk,

26. asook die tempelslawe wat op die Ofelheuwel gewoon het. Hulle het die gedeelte van die muur tot regoor die Waterpoort aan die oostekant en die aangeboude toring herstel.

27. Die mense van Tekoa het aan die volgende deel gewerk. Hulle het die stuk van die muur van regoor die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur herstel.

28. Die priesters het die volgende gedeelte van die muur bokant die Perdepoort herstel. Elkeen het aan die gedeelte regoor sy huis gewerk.

Nehemia 3