1. Hier volg ’n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra,
2. Amarja, Malluk, Gattus,
3. Sekanja, Regum, Merajot,
4. Iddo, Ginneton, Abia,
5. Mijamin, Maädja, Bilga,
6. Semaja, Jojarib, Jedaja,
7. Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua.
8. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang.