Markus 6:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Verder het Hy vir hulle gesê: “Wanneer julle in ’n bepaalde dorp in ’n huis ontvang word, bly in daardie huis totdat julle weer daarvandaan vertrek.

11. Maar as ’n plek julle nie wil ontvang of na julle wil luister nie, skud sy stof van julle voete af wanneer julle weggaan. Dit sal dien as teken dat julle daardie plek aan sy lot oorlaat.”

12. Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom.

13. Hulle het ook baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

14. Herodes Antipas, die koning, het ook van Jesus gehoor, want almal het van Hom gepraat. Party het gesê: “Hy moet Johannes die Doper wees wat uit die dood opgestaan het. Dit verklaar waarom Hy sulke wonderwerke kan doen.”

Markus 6