3. Johannes het van plek tot plek aan albei kante van die Jordaanrivier beweeg en gepreek dat mense gedoop moes word om te wys dat hulle tot inkeer gekom het, en so vergifnis van sonde ontvang het.
4. Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het:“Hy is ’n stem wat uitroepin die woestyn:‘Kry die Here se pad gereed. Maak vir Hom ’n hoofweg.
5. Vul die valleie op,en maak die berge en heuwels gelyk!Maak die krom paaie reguit,en maak die ruwe plekke gelyk!
6. En al die mense sal die verlossingsienwat van God kom.’”
7. Hier is ’n voorbeeld van Johannes se prediking aan die skares wat gekom het om gedoop te word: “Julle broeisel slange! Wie het julle gewaarsku om God se komende oordeel te ontvlug?
8. Bewys deur julle lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het. Moenie eers daaraan dink om te sê: ‘Ons is veilig – ons is afstammelinge van Abraham’ nie. God kan hierdie klippe in kinders van Abraham verander.
9. Die byl van God se oordeel is reeds gereed om julle wortels af te kap. Ja, elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, sal afgekap en in die vuur gegooi word.”
10. Die skare het gevra: “Wat moet ons dan doen?”
11. Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”
12. Selfs tollenaars het gekom om gedoop te word en gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”
13. “Wys julle eerlikheid,” het hy geantwoord. “Maak seker dat julle nie méér belasting invorder as wat vereis word nie.”