Lukas 13:25-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Wanneer die eienaar die deur gesluit het, sal julle buite staan en aan die deur klop en smeek: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’

26. Julle sal sê: ‘Maar ons het dan saam met U geëet en gedrink, en U het in ons strate onderrig.’

27. En Hy sal antwoord: ‘Ek sê vir julle, Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg, julle almal wat kwaad doen.’

28. “En daar sal groot gehuil en gekners van tande wees, want julle sal vir Abraham, Isak, Jakob en al die profete in die koninkryk van God sien, maar julle sal uitgegooi word.

29. Dan sal mense van oral oor die wêreld kom om hulle feesplekke in te neem in die koninkryk van God.

30. En onthou: party wat nou verag word, sal dan grootliks vereer word; en party wat nou grootliks vereer word, sal dan verag word.”

31. ’n Paar minute later het sommige Fariseërs vir Hom gesê: “Gee pad hier as jy wil lewe, want Herodes Antipas wil jou doodmaak!”

32. Jesus het geantwoord: “Gaan sê vir daardie jakkals dat Ek sal aanhou om vandag en môre duiwels uit te dryf en genesingswonders te doen, en op die derde dag sal Ek my doel bereik.

33. Ja, vandag, môre, en die volgende dag moet Ek voortgaan op my reis. Want dit sal ondenkbaar wees dat ’n profeet van God op ’n ander plek as in Jerusalem doodgemaak word!

Lukas 13