Lukas 12:46-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

46. wel, die meester sal onaangekondig en onverwags terugkom. Hy sal die slaaf folter en hom laat deel in die lot van die ontroues.

47. Die slaaf sal swaar gestraf word, want alhoewel hy sy plig geken het, het hy dit nie gedoen nie.

48. “Maar hulle wat nie bewus was dat hulle verkeerd doen nie – hulle sal net lig gestraf word. Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog veel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is.”

49. “Ek het gekom om vuur op die aarde te bring en Ek wens dat my taak al afgehandel was!

50. Daar lê ’n vreeslike doop vir My voor, en Ek is onder ’n swaar las totdat dit volvoer is.

51. Dink julle Ek het gekom om vrede op aarde te bring? Nee, Ek het gekom om stryd en verdeeldheid te bring!

52. Van nou af sal gesinne oor My verdeeld wees, drie teen twee, en twee teen drie.

Lukas 12