Lukas 11:48-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

48. So bevestig julle dat julle die dade van julle voorouers goedkeur. Húlle het immers die profete doodgemaak, maar júlle bou hulle grafte op.

49. “Dít is wat God in sy wysheid oor julle gesê het: ‘Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, en hulle sal sommige doodmaak en ander vervolg.’

50. “En julle van hierdie geslag sal verantwoordelik gehou word vir al God se profete van die skepping van die wêreld af –

51. van die moord van Abel af tot die moord van Sagaria wat tussen die altaar en die heiligdom vermoor is. Ja, dit sal sekerlik teen julle gehou word.

Lukas 11